Kaapstadse waterkrisis 2015-2018

waterkrisis in Suid-Afrika
(Aangestuur vanaf Kaapstadse waterkrisis)

Die Kaapstadse waterkrisis was 'n ernstige droogte in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, wat in 2015 begin het en tot 'n ernstige waterskaarste in die streek, veral in Kaapstad, gelei het. Aan die begin van 2018, toe dit voorspel is dat damvlakke teen April tot kritieke vlakke sou daal, het die stad planne aangekondig vir "Dag Zero", die afdraai van die stad se watervoorsiening oor groot dele indien 'n spesifieke lae watervlak bereik sou word. Wat Kaapstad potensieel die eerste groot stad ter wêreld sou maak waar die water opraak.[1][2][3] Deur middel van waterbeperkings en 'n waterbesparingsveldtog het die stad teen Maart 2018 sy daaglikse waterverbruik met meer as die helfte verminder tot sowat 500 miljoen liter per dag. Teen Junie 2018 het hierdie besparings en goeie reën daartoe gelei dat watervlakke in damme tot 43% gestyg het. Kaapstad het daarna aangekondig "Dag Zero" sou waarskynlik nie in 2019 aanbreek nie.[4] In September, met damvlakke naby 70%, het die stad begin om waterbeperkings af te skaal.[5]

'n Grafiek wat die watervlak aandui in die Wes-Kaap se ses grootste damme van 30 Junie 2013 tot 31 Maart 2018. Dit wys die dalende watervlak gedurende Kaapstad se waterkrisis en die invloed van ingekorte verbruik sedert die begin van 2018. Die voorspelling wys watervlakke van sowat 12% teen einde Mei 2018 geskoei op normale verbruik (voor die krisis). Data verkry van die Climate Systems Analysis Group (CSAG)

Agtergrond

wysig

Die streek in en om Kaapstad het 'n Mediterreense klimaat met warm, droë somers en 'n winterreënval. Water word grootliks van ses groot damme in die bergagtige gebiede naby die stad verkry.[6] Die damme word aangevul deur reënval in die opvanggebiede, hoofsaaklik gedurende die koeler wintermaande van Mei tot Augustus, en damvlakke daal gedurende die droë somermaande van November tot April, wanneer stedelike en landbougebruik hoër is.

Kaapstad se bevolking het van 2,4 miljoen inwoners in 1995 tot 'n geraamde 4,3 miljoen inwoners in 2018 gegroei, wat 'n bevolkingstoename van sowat 79% in 23 jaar is. Damvlakke het in dié tyd met slegs 15% toegeneem. In 2016/17 is 64,5% van die stad se water in formele woongebiede gebruik en 3,6% in informele nedersettings.[7]

Van 1950 tot 1999 het die stad se verbruik van behandelde water met 4% per jaar toegeneem, in lyn met die bevolkingsgroei. Waterverbruik teen 1999 was 335 gigaliter per jaar. Beplanning om vir die groeiende waterverbruik te voorsien het so vroeg as 1990 begin.[8] Tydperke van min reën in 2000/01 en 2003/04 het tot waterbeperkings gelei.[9][10] Omstreeks 2003 het die stad 'n ooreenkoms met die destydse Departement van Waterwese en Bosbou aangegaan vir die bou van die Bergrivierdam en begin met die bestuur van die aanvraag na water. In 2009 is die kapasiteit van die damme wat Kaapstad van water voorsien met 17% vergroot toe die Bergrivierdam voltooi is.

In 2007 het die Departement van Waterwese en Bosbou voorspel dat groeiende gebruik van water sou teen 2013 die voorsiening oorskry as water nie bewaar word nie en die gebruik van water nie voldoende bestuur word nie.[11] Hoewel bestuursmaatreëls deur Kaapstad en ander stedelike gebiede relatief suksesvol was in die vermindering van watergebruik, het die kwaai droogte van 2015 tot 2017 daartoe gelei dat die stad strenger beperkings moes instel.

Tydsverloop

wysig
Watervlakke as 'n persentasie van die totale damkapasiteit per jaar.[12]
Grootste damme 16 Julie 2018[13] 14 Mei 2018[14] 15 Mei 2017 15 Mei 2016 15 Mei 2015 15 Mei 2014
Bergrivierdam 84.7 39.2 32.4 27.2 54.0 90.5
Steenbrasdam 55.9 35.4 26.5 37.6 47.9 39.6
Steenbras (bo) 97.0 59.6 56.7 56.9 57.8 79.1
Theewaterskloofdam 40.7 12.0 15.0 31.3 51.3 74.5
Voëlvleidam 54.6 14.5 17.2 21.3 42.5 59.5
Wemmershoekdam 84.9 48.4 36.0 48.5 50.5 58.8
Totaal opgegaar (megaliter) 494 589 191 843 190 300 279 954 450 429 646 137
Totale % opgegaar 55.1 21.4 21.2 31.2 50.1 71.9

2015–2016

wysig

Na goeie reënval in 2013 en 2014, het Kaapstad 'n droogte begin beleef in 2015, die eerste van drie agtereenvolgende jare van droë winters wat moontlik deur El Niño weerpatrone klimaat verander het.[15] Watervlakke in die stad se damme het van 71,9 persent in 2014 tot 50,1 persent gedaal in 2015.[12] Waterbeperkings, op "Vlak 1" sedert 2005, is verhoog tot Vlak 2 op 1 Januarie 2016 en tot Vlak 3 op 1 November 2016. Beduidende droogtes is in ander dele van Suid-Afrika gebreek in Augustus 2016 deur swaar reën en oorstromings in die binneland,[16] maar die droogte in die Wes-Kaap het voortgeduur.

Waterbeperkings is verhoog tot Vlak 3B op 1 Februarie 2017 en teen die einde van die droë seisoen in Mei 2017 is die droogte van die stad die ergste in 'n eeu verklaar, met damme wat minder as 10 persent van hul bruikbare kapasiteit oorgehad het.[17] Vlak 4 waterbeperkings is aangekondig op 1 Junie 2017, met die beperking van 100 liter per persoon per dag.[18] Die totale reënval in 2017 was die laagste sedert 1933.[19]

 
'n Kaart van Wes-Kaap se groot damme.

Met die droë somerseisoen naderend, het die stad sy bestaande waterbeperkings na Vlak 4B verhoog op 1 Julie 2017, met die beperking van 87 liter per dag per persoon vir 'n totale verbruik van 500 miljoen liter per dag. Op 3 September 2017, het die stad sy bestaande waterbeperkings na Vlak 5 verhoog, wat die publiek beperk het tot 50 liter per persoon per dag. Dit het die meeste buite en nie-noodsaaklike gebruik van water verbied. Die gebruik van gryswater om toilette te spoel is aangemoedig.[20]

Teen vroeg Oktober 2017, na aanleiding van 'n winter van lae reënval, was Kaapstad op 'n geskatte vyf maande voor water algeheel uitgeput sou word.[21] In dieselfde maand, het die Stad van Kaapstad 'n noodwaterplan uitgereik in verskeie fases, afhangende van die erns van die tekort aan water. Fase 1 is "waterrantsoenering deur uiterste drukvermindering" wat betrokke tydelike watersny en rantsoenering behels. Fase 1 is onmiddellik geïmplementeer. In Fase 2 is water afgeskakel vir die meeste van die stelsel, behalwe na sleutelplekke. Fase 3 is die punt wat die stad nie meer water uit oppervlakdamme in die Wes-Kaap watertoevoerstelsel kon gebruik nie en daar is 'n beperkte tydperk voor die waterstelsel onbruikbaar word.[22]

In die middel van Oktober 2017 is die Stad gekritiseer deur waterontsouting maatskappye vir die stadige tempo van kontrakonderhandeling, 'n hoë vlak van burokrasie, 'n gebrek aan dringendheid, en die onvoldoende skaal van die voorgestelde waterprojekte.[23] Op 26 Oktober 2017 is dit aangekondig dat Kaapstad se stadsbestuurder spesiale magte gegee word om droogte-verwante aksies te neem. Hierdie aankondiging het gekom nadat 'n hersiening van die stad se besluitnemingprosesse wat gevind het daar nie voldoende voorsiening was vir Kaapstad om doeltreffend en betyds die ramp the hanteer nie.[24]

 
Theewaterskloofdam teen ongeveer 12% op 10 Februarie 2018

Op 1 Januarie 2018 is Vlak 6 beperkings opgelê. Op 1 Februarie 2018 is Vlak 6B opgelê wat water beperk het tot 50 liter per persoon per dag.

Op 24 Januarie 2018 het die Wes-Kaapse provinsiale kabinet gesê dat dit die verantwoordelikheid van die nasionale regering was om die uitbreiding van die waterstelsel te voorsien want die "voorsiening van grootmaatwater is 'n nasionale regering- mandaat." Die provinsiale kabinet het ook aangekondig daar is planne opgestel met die Suid-Afrikaanse Polisiediens vir 'n strategie om beamptes by die waterverspreidingspunte oor die stad na "Dag Zero" te plaas.[25]

In middel Januarie 2018, het Kaapstad se vorige burgemeester, Patricia de Lille aangekondig dat die stad gedwing sal word om die meeste van die munisipale watervoorsiening af te sluit as omstandighede nie verander nie. "Dag Zero" sou verklaar word wanneer die watervlak van die stad se groot damme 13.5% bereik, en Vlak 7 sou verklaar word, met munisipale watervoorrade grootliks afgeskakel, en die inwoners sal moet vertrou op 149 waterversamelingspunte rondom die stad, vir 'n daaglikse rantsoen van 25 liter water per persoon.[26][27] Dit sou 'n verdere invloed op Kaapstad se ekonomie hê, as gevolg van werknemers wat tyd van die werk afneem om in rye vir water te wag.[28] Water sou voorsien word aan die stad se sentrale sakegebied en in die informele nedersettings (waar water reeds ingesamel is in sentrale plekke) en noodsaaklike dienste soos hospitale. Teen die tyd van die aankondiging was "Dag Zero" geprojekteer om te gebeur op 22 April 2018.[29][30][31] Die "Dag Zero" datum is geprojekteer gebaseer op die tweeweeklikse verandering in die damme se stoorvlakke, in die veronderstelling dat hierdie koers onveranderd sal bly, met geen verdere reënval of verandering in die vraag na water nie.[32]

In Februarie 2018, het die Groenland Watergebruikersvereniging ('n verteenwoordigende liggaam vir die boere in die Elgin en Grabouw landbougebiede rondom Kaapstad) begin met die vrystelling van 'n bykomende 10 miljard liter water na die Steenbrasdam.[33]

 
Kaapstad se grootste reservoir, Theewaterskloof, was op 11% kapasiteit in Maart 2018.

Residensiële gebruik van water het aansienlik gedaal onder die Vlak 6B beperkings tot 'n laagtepunt van 511 miljoen liter op 12 Maart, die naaste nog aan die mikvlak van 450 miljoen liter per dag. Landbougebruik het ook aansienlik gedaal. "Dag Zero" is verskuif terug in die stadiums van April tot Augustus, en op 28 Junie onbepaald uitgestel.

Toe damvlakke styg het die Departement van Water en Sanitasie aangekondig dat grootmaat waterbeperkings sal bly tot damme 85% vol is. In September toe damvlakke naby 70% was, het Kaapstad waterbeperkings verlaag van Vlak 6B na Vlak 5.[5]

Oorsake

wysig

Die oorsaak van die waterkrisis in die Wes-Kaap was die uiterste droogte wat die beplanningsnorme van die Departement van Water en Sanitasie oorskry het, wat verantwoordelik is vir die beplanning van alle oppervlak- en grondwatervoorrade. Daar word geglo dat die skaarsheid van water, wat veroorsaak word deur die droogte, vererger word deur 50% bevolkingsgroei in die laaste eeu, potensiële ongerapporteerde landbougebruik, indringerplantspesies, en swak waterbestuur.[34]

Terwyl die reënvalpatroon geneig is om te kartel tussen stasies se monitering van reënval is daar 'n duidelike daling sedert 2016. 'n Studie wat deur die klimaatstelselanalisegroep van die Universiteit van Kaapstad onderneem is, verskaf statistiese ontledings wat bewys dat reënval tussen 2015 en 2017 baie skaars was.[35]

Sommige wetenskaplikes glo dat hierdie droogte vererger word deur klimaatverandering van een graad celsius oor die afgelope eeu. Modelle voorspel Kaapstad se gemiddelde temperatuur sal met 0,25 °C toeneem oor die volgende tien jaar, wat die kanse en impak van droogte vererger. Daar is bykomende kommer dat ander stede ook waterskaarste sal ervaar met 'n afname in reënval en die bevolkingsgroei wat beweeg na stedelike gebiede, en dit sal nodig wees om alternatiewe bronne van water te kry.[36]

'n Groot probleem met Kaapstad se waterafhanklikheid is dat hul waterstelsels gebou word op die stabiele klimaat van die vorige jaar. Klimaatsverandering kan reënvalpatrone verander wat lei tot minder stabiele bronne van water en 'n vinniger waterverlies. Landbou gebruik 29% van die Wes-Kaap se water, en ly ook onder streng waterbeperkings.[37]

Die erns van die droogte

wysig

Navorsing oor die langtermynweerpatrone deur die Universiteit van Kaapstad het bevind dat die tydperk van 2015–2017 die droogste 3-jaar tydperk sedert 1933 was, en 2017 was die droogste jaar sedert 1933, en moontlik vroeër, aangesien vergelykbare data voor 1933 nie beskikbaar is nie. Dit het ook bevind dat 'n droogte van hierdie erns statisties mag plaasvind een keer elke 300 jaar.

Impak

wysig
 
Die Blommonument in die Westridge-tuine is opgerig om 'n gebedsbyeenkoms te herdenk wat gevra het vir goeie reën tydens die waterkrisis
 
Inwoners wat toustaan by die Nuweland-lente

Die 60% beperking in 2018 van water vir landbou het gelei tot die verlies van 37 000 werkers. Dit het ook gelei dat 'n geskatte 50 000 mense nou onder die armoedelyn leef, as gevolg van werksverliese en inflasie as gevolg van drastiese verhogings in voedselpryse. Teen Februarie 2018 het die landbousektor alleen R14 miljard (VS$1.17 miljard) se verliese gely as gevolg van die tekort aan water.

In kantoorgeboue en openbare plekke in Kaapstad, is waterkrane van toilette toegedraai om water te bespaar. Reënwater of gryswater is beskikbaar gemaak om toilette te spoel indien werklik benodig. Die stad moedig ook sy inwoners aan om 'n voorraad van nooddrinkwater op te gaar.

Openbare gesondheid

wysig

Toe inwoners van Kaapstad beperk was tot 50 liter water per persoon per dag het die openbare gesondheidsprofessies hul kommer uitgespreek oor oordraagbare siektes wat vinniger kan versprei word deur fekale-orale besoedeling as gevolg van 'n vermindering in nodige handewas. Gesondheidsamptenare waarsku dat water-oordraagbare siektes soos cholera, hepatitis A en ingewandskoors waarskynlik meer algemeen sal voorkom as inwoners hul water in besmette houers begin opgaar.

Onvoldoende sanitasie is 'n hoofoorsaak van siektes soos diarree, wat die dood van 2,2 miljoen mense elke jaar veroorsaak, met die meeste sterftes onder kinders jonger as 5 jaar. Met 'n bevolking rondom 3,81 miljoen en 'n bevolkingsdigtheid van sowat 1 530 per vierkante kilometer, sal siektes soos cholera en ander vinniger versprei sonder behoorlike sanitasie, veral in arm woonbuurte in Kaapstad. Insekte reproduseer in vuil water, wat as 'n vektor optree in die verdere verspreiding van gemeenskapsiektes.

Beroepsgesondheidsrisiko's

wysig

Noodwaterstasies is 'n noodsaaklike deel van veiligheid in die werkplek vir baie laboratoriums en fabrieke. 'n Bestendige toevoer van water is nodig in die geval van skadelike chemiese blootstelling. Beroepsgesondheid en -veiligheidvereistes stel voor dat alle noodstorte in staat moet wees om 75 liter per minuut vir 'n minimum van 15 minute te pomp.

Kwesbare bevolking

wysig

In huise en weeshuise, is kinders van die mees kwesbare bevolkings in Kaapstad as gevolg van die skaarsheid van water. Die voeding, groei, en sterilisasie van die items wat nodig is om vir kinders te sorg is water-intensief. As skole in die Wes-Kaap nie water het nie, sal 1,1 miljoen kinders sonder toegang tot water wees.

Landboubedryf

wysig

Die landboubedryf is een van die grootste verbruikers van water. Die wynindustrie in en rondom Kaapstad is 'n belangrike aspek van die ekonomie, wat aan 300 000 mense werksgeleentheide bied. Die wynkelders het 1,5 miljoen toeriste in 2017 ontvang en op dieselfde tyd omtrent 'n derde van die water gebruik. Afhangende van die streek, kan 'n wingerd tussen 250 en 600 mm reën gebruik om te oorleef. Suid-Afrikaanse wynplase het gemiddeld die helfte soveel reën ontvang in die afgelope jaar, wat kleiner druifkorrels en dus kleiner opbrengste lewer. Die druiweopbrengs vir 2018 het met 'n geraamde 20% verswak teen die 1,4 miljoen ton geproduseer in 2017, wat gelei het tot 'n 9% afname in die volume wyn wat verkoop is.

Brandgevaar

wysig

Brandrisiko verhoog as die omgewing en infrastruktuur toenemend droog word. Dit is veral belangrik vir groot industriële areas en pakhuise as 'n brand maklik kan versprei na nabygeleë geboue.

Toerisme

wysig

Daar was 'n afname in toerisme in Januarie 2018 met minder toeriste as in Januarie 2017. Die verblyfsektor het 'n daling van 10% ervaar.[38]

Politieke verantwoordelikheid

wysig

Verantwoordelikheid vir water word gedeel deur plaaslike, provinsiale en nasionale regering. Die waterwet van 1998 stel die nasionale regering as die openbare trustee van die nasie se waterhulpbronne, moet verseker dat die water beskerm, gebruik, ontwikkel, bewaar, bestuur en beheer word op 'n volhoubare en billike wyse, tot die voordeel van alle inwoners. Dit sê dat: "die Nasionale Regering, handelende deur die Minister, die mag het om die gebruik, vloei en beheer van alle water in die Republiek te reguleer." Dit het gelei tot spanning tussen die DA-geleide plaaslike en provinsiale regering aan die een kant, en die ANC-geleide nasionale regering aan die ander kant, met die partye wat by tye mekaar blameer het vir die waterkrisis.

Positiewe

wysig

Hierdie waterkrisis het navorsing en belegging in alternatiewe waterstelsels laat toeneem, wat uiteindelik kan verhoed dat ander stede in dieselfde graad van waterskaarste beland. Dit het gelei tot die suksesvolle vermindering van 50% van watergebruik van 2015 tot 2018.

Oplossings

wysig

Die Stad Kaapstad was in Januarie 2018 besig met die bou van vier nuwe ontsoutingsaanlegte, sowel as die bou van nuwe waterputte en 'n uitvloeiselherverbruiker. Daarbenewens is die stad besig met opvoeding van die publiek oor die vermindering van waterverbruik.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Cassim, Zaheer (19 Januarie 2018). "Cape Town could be the first major city in the world to run out of water". USA Today (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.
  2. Poplak, Richard (15 Februarie 2018). "What's Actually Behind Cape Town's Water Crisis". The Atlantic (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 22 Februarie 2018.
  3. York, Geoffrey (8 Maart 2018). Cape Town residents become 'guinea pigs for the world' with water-conservation campaign. The Globe and Mail.
  4. Myburgh, Janine (29 Junie 2018). Chamber delighted by Day-Zero’s death.
  5. 5,0 5,1 Pitt, Christina (10 September 2018). "City of Cape Town relaxes water restrictions, tariffs to Level 5" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2018.
  6. Welz, Adam (1 Maart 2018). "Awaiting Day Zero: Cape Town Faces an Uncertain Water Future" (in Engels). Yale Environment 360. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019.
  7. Makou, Gopolang (21 Augustus 2017). "Do Formal Residents Use 65% of Cape Town's Water?" (in Engels). Africa Check. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 19 Julie 2018.
  8. Streek, Barry (26 April 1990). "Cape Town will run out of water in 17 years". Cape Times.
  9. Basholo, Zolile (4 Februarie 2016). Overview of Water Demand Management Initiatives: A City of Cape Town Approach. Stad Kaapstad.
  10. Steenkamp, Willem (1 Januarie 2005). "'We needed to build more dams a decade ago'" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2020.
  11. Western Cape Water Reconciliation Strategy Newsletter 5. Department of Water Affairs and Forestry (Maart 2009).
  12. 12,0 12,1 Bohatch, Trevor (16 Mei 2017). "What's causing Cape Town's water crisis?" (in Engels). Cape Town: Ground Up. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2019. Besoek op 1 Junie 2017.
  13. City of Cape Town: Water Dashboard. City of Cape Town (16 Julie 2018). URL besoek op 9 Julie 2018.
  14. City of Cape Town: Water Dashboard. City of Cape Town (14 Mei 2018). URL besoek op 17 Mei 2018.
  15. "Frequently asked questions about South Africa's drought" (in Engels). Cape Town: Africa Check. 3 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 1 Junie 2017.
  16. Masinde, Muthoni (18 Augustus 2016). "Southern Africa faces floods after drought" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2020. Besoek op 1 Junie 2017.
  17. Van Dam, Derek (31 Mei 2017). "Cape Town contends with worst drought in over a century". CNN.com (in Engels). CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 1 Junie 2017.
  18. Etheridge, Jenna (31 Mei 2017). "City of Cape Town approves Level 4 water restrictions" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
  19. Wolski, Piotr (23 Januarie 2018). "How severe is Cape Town's drought? A detailed look at the data" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019.
  20. "Level 5 water restrictions implemented in Cape Town". News24 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 4 September 2017.
  21. Diana Neille, Marelise van der Merwe & Leila Dougan. "Cape Of Storms To Come". features.dailymaverick.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2018. Besoek op 3 November 2017.
  22. De Lille, Patricia (4 Oktober 2017). "Op-Ed: The City of Cape Town's Critical Water Shortages Disaster Plan". www.dailymaverick.co.za (in Engels). City of Cape Town. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2019. Besoek op 3 November 2017.
  23. Morris, Michael (14 Oktober 2017). "City of Cape Town's water 'bungle' | Weekend Argus". Weekend Argus (in Engels). Besoek op 3 November 2017.
  24. News24 (26 Oktober 2017). "Cape Town city manager given special powers to deal with water crisis". www.politicsweb.co.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 November 2018. Besoek op 1 Desember 2017.
  25. "Government must refund Cape Town for cost of managing the water crisis" (in Engels). 24 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2018. Besoek op 26 Januarie 2018.
  26. Harrison, Aletta; Janse van Rensburg, Alet (26 Januarie 2018). "JP Smith answers Day Zero questions: 'It's going to be really unpleasant'" (in Engels). News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2019.
  27. "Borehole rules? Can you use sea water to flush? - The City of Cape Town answers your questions" (in Engels). GroundUp. 30 Januarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 September 2018.
  28. "'I Knew We Were in Trouble.' What It's Like to Live Through Cape Town's Massive Water Crisis". TIME.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2019. Besoek op 30 Maart 2018.
  29. Baker, Aryn (15 Januarie 2018). "Cape Town Is 90 Days Away From Running Out of Water". Time (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 19 Januarie 2018.
  30. Thom, Liezl (17 Januarie 2018). "Drought-stricken Cape Town, South Africa, could run out of water by April's 'day zero'". ABC News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2020. Besoek op 19 Januarie 2018.
  31. Brandt, Kevin (23 Januarie 2018). "Day Zero Brought Forward, CT Officials Prepare for Worst" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2018. Besoek op 19 Julie 2018.
  32. Neilson, Ian (20 Februarie 2018). "Statement by the City's Executive Mayor, Alderman Ian Neilson: Defeating Day Zero is in sight if we sustain our water-saving efforts" (in Engels). City of Cape Town. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020.
  33. "WATCH: Cape Town gets 10bn litres of water". www.enca.com (in Engels). 6 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2019. Besoek op 8 Februarie 2018.
  34. Saunderson-Meyer, William. "Commentary: In drought-hit South Africa, the politics of water". U.S. (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2018. Besoek op 30 Maart 2018.
  35. "Facts are few, opinions plenty… on drought severity again". www.csag.uct.ac.za (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2019. Besoek op 30 Maart 2018.
  36. Jackson, Randal. "Global Climate Change: Effects". Climate Change: Vital Signs of the Planet (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 30 Maart 2018.
  37. "From Not Enough to Too Much, the World's Water Crisis Explained". 22 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018. Besoek op 30 Maart 2018.
  38. CTT Research Report April 2018 (24 July 2018).